Gedagte vir die dag: Is jy ’n Marta of ’n Maria? 

Stiltetyd-31.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Maria het aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. (Lukas 10:39-40)      

Is jy ’n Marta of Maria? Hier is twee uitsonderlike Bybelse vroue. Hulle persoonlikhede het baie verskil: Marta het Jesus as gas ontvang, terwyl Maria by sy voete gesit het en geleer het. Ek glo die meeste van ons sal verseker die beste voorsit vir Jesus as Hy by jou aan huis gaan. Ek kan só identifiseer met Marta: besige bytjie, besig met haar huis, haar gesin, haar omgewing.

Natuurlik wil ons knap vroue wees. God het ons gemaak om te kan skep, dat skeppende dinge in ons kan groei en uit ons kan voortvloei. Ons liggame is gebou vir skep en om skeppend te huisves tydens swangerskap. Ons liggame, brein, denkwyse, ons hele samestelling is so ’n unieke werkstuk van God; voorwaar gemaak met ’n doel.

As ons kyk na wat Jesus twee verse verder vir Marta antwoord, sien ons dat Maria die beste deel gekies het. Sy het liewer by Jesus se voete gaan sit en na sy woorde geluister. So, wie is nou reg of verkeerd tussen die twee? Die antwoord lê daarin om balans te vind tussen ons vleesmens en geesmens. Verseker wil God ons by rustige waters hê, in gesprek met Hom en besig met sy Woord. Dis tog waar ons die verborge dinge sal vind, die kennis, wysheid, insig en krag om Marta se bedrywig-wees te kan hanteer.

Leer uit die verhaal van dié twee vroue, leer van ander mense om jou, van alle situasies, oral waar jy gaan. Moenie ignoreer of wegredeneer nie. Onkunde maak ’n mens blind. Soek na dit wat eenvoudig en blywend is en hou aan groei.

Hemelse Vader, help my asseblief om balans te vind in dié lewe en om te leer uit elke situasie sodat ek die goeie kan behou. In Jesus se Naam. Amen.

Bron: Vroue van die Woord deur Jannie Pelser
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Charlie ·

Ek gebruik skoonmaak en besig wees as ‘n “savehaven” met dit kruip ek weg van my man en kinders. Besig en stoei dan met my eie gedagtes. Ek bly in NewZealand en mis my mense en my kerk. Ek bly baie lekker en ons is gelukkig. Party dae hardloop ek weg van verlange deur skoon te maak. Dan is dit eintlik die tyd om by God se voete te sit, maar ek sukkel om af te skakel. Hierdie beteken baie vir my. Baie dankie.

Connie ·

Charlie God is by jou terwyl jy huis skoon maak. Terwyl jy werk kan jy met God praat en Hom alles vertel. Jy kan hom loof en prys selfs terwyl jy skottelgoed was.

JAN ·

Goddelike vroulikheid versus boosaardige feminisme. Oeee die profesie van ons tyd. Uiters aktueel. Notre Dame ( Maria Magdalena)) versus Isebel van Agab en haar Baäl kultus.
Sien hoe Isebel dood is agv tipiese satanistiese sadisme. Deur Jehu
2 Konings 9

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.