Kan ons van sonde verlos word en sondeloos lewe? Ja, ons kan van sonde verlos word, maar nee, ons kan waarskynlik nie sondeloos lewe nie. Jesus verlos ons van elke sonde. Hoe meer ons Jesus leer ken, hoe meer kom ons agter wat in ons lewe skuil wat nie met Christus se karakter ooreenstem nie.
Ons lewe hier op aarde is ’n voortdurende konfrontasie met sonde tot op die dag van ons Here Jesus Christus se koms. Reiniging en heiligmaking is ’n ewigdurende proses waarin ons Jesus beleef.
As ons optrede egter van die lig getuig, leef ons soos Hy wat in die lig is en het ons volledig deel aan mekaar, en die bloed van Jesus, sy Seun, maak ons skoon van elke sonde. (1 Johannes 1:7)
Ek verseker julle, elke sonde, ja, selfs elke lastering wat mense uitspreek, sal hulle vergewe word. (Markus 3:28)
Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy