Gedagte vir die dag: Is ’n sondelose lewe moontlik?

sonsopkoms_Wolke_Reint_Dykema.jpg

Foto: Reint Dykema

Kan ons van sonde verlos word en sondeloos lewe? Ja, ons kan van sonde verlos word, maar nee, ons kan waar­skynlik nie sondeloos lewe nie. Jesus verlos ons van elke sonde. Hoe meer ons Jesus leer ken, hoe meer kom ons agter wat in ons lewe skuil wat nie met Christus se karakter ooreenstem nie.

Ons lewe hier op aarde is ’n voortdurende konfrontasie met sonde tot op die dag van ons Here Jesus Christus se koms. Reiniging en heiligmaking is ’n ewigdurende proses waar­in ons Jesus beleef.

As ons optrede egter van die lig getuig, leef ons soos Hy wat in die lig is en het ons volledig deel aan mekaar, en die bloed van Jesus, sy Seun, maak ons skoon van elke sonde. (1 Johannes 1:7)

Ek verseker julle, elke sonde, ja, selfs elke lastering wat mense uitspreek, sal hulle vergewe word. (Markus 3:28)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.