Gedagte vir die dag: Jesus alleen

IMG_1266.jpgToe sê Jesus vir die twaalf: “Wil júlle nie weggaan nie?” Simon Petrus het Hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons weggaan? U het die woorde wat ewige lewe gee.” (Johannes 6:67-68)

Om Jesus te volg waarborg nie ’n maklike lewe of ’n kitsoplossing vir elke probleem nie. Wanneer die laste te swaar op julle druk of die prys vir gehoorsaamheid baie hoog is, kom ’n mens in die versoeking om van God te vergeet. Ons kan hoop verloor en besluit om ons eie koers in te slaan.

Die wêreld sal vir ons sê om op ons geld in plaas van ons Voorsiener te vertrou. Om op dokters en self-help staat te maak eerder as ons Geneesheer. Om ons eie reëls op te maak eerder as om ons aan die Here se Woord te onderwerp. Om op ons eie krag, ons eie planne en ons eie vermoëns staat te maak.

Is Jesus vandag julle bron van lewe? Bly in Hom, vertrou op Hom en gehoorsaam Hom in alles. Hou julle oë op Hom gerig wanneer die wêreld julle naam uitroep. Hy sal elke belofte nakom om julle te red, te beskerm en julle vir altyd as Syne te bewaar.

Here, gee vir ons ’n onwankelbare geloof. Wees ons waarheid, ons skuilplek in die storm en die Koning van ons lewe. Dankie vir u liefde en verlossing. Amen.

Bron:
Mnr & Mev – 366 oordenkings vir egpare deur Rob & Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cathy Kotze ·

Onthou te alle tye hoe groot onse Heiland is. Hy het vele engele op hierdie aarde wat vir hom werk, onder andere dokters en rykes. Waar kom die geld vandaan om Sy evangelie te versprei.

Moenie ‘n simplistiese Christen wees nie. Wees dankbaar vir die hulp wat Hy oor ons pad bring. Dis nie wys om ons eie krag en eie planne te minag nie; dit is heelwaarskynlik deur God aan ons openbaar.

Glo my, God werk selfs deur dokters en medikasie. Alles is Sy skepping.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.