Gedagte vir die dag: Jesus betaal die prys vir jou sonde

ATTACHMENT DETAILS doringtak_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. (1 Petrus 1:19)

Petrus druk sy lesers op die hart dat God baie duur betaal het om sy kinders los te koop van die sondige geaardheid waarmee hulle gebore is. Hy stuur sy Seun om die prys vir ons sonde met sy bloed aan die kruis te betaal sodat ons sonde nou deur God vergewe kan word. Ons mag dus nie langer lewe soos die res van die wêreld nie – omdat God ons geskep en vrygekoop het, is ons nou sy eiendom, en moet ons Hom eer en verheerlik deur die manier waarop ons leef. Ons behoort ook te besef dat ons eintlik vreemdelinge in die wêreld is.

Jesus is die Offerlam wat die onberekenbare prys van my en jou sonde reeds aan die kruis vereffen het. Omdat Hy dit gedoen het, hoef jy maar net in Hom te glo om van jou sondes verlos te word. Dit is egter jou dure verantwoordelikheid om uit dankbaarheid vir hierdie verlossing in die vervolg as ’n verloste mens te leef.

Here Jesus, ek loof U dat U die losprys vir my sonde volledig aan die kruis betaal het. Ek wil nou graag in eerbied vir U leef. Amen.

Bron:
Geskenk van genade deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Loretta ·

Prys die Here,dis tog waar dit was Jesus se bloed wat gevloei het op die Kruishout van Golgota oor my en die hele mensdom. Laat Sy Naam geprys word. Haleluja nou ken ek Hom!! Amen.

John ·

Nee, se die Roomse Kerk en baie predikante. Geld en welsynswerk. Dis die antwoord… en baie daarvan is nodig om van jou laste ontslae te raak. Voel altyd skuldig en gee… gee jou hart vir… en so kry die Nuwe Wereldorde sy beslag. Doen veral goed aan jou verste… ‘n pic in die koerant of oomblik op die tv is nie te versmaai nie. Smile mense smile… Oop grense en geen visums, oop handel waar geen land se uitvoere/invoere en selfs mensehandel verbied word nie… ons Christelike geloof word ernstig bedreig… maar ons voel vere…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.