Gedagte vir die dag: Jesus genees ’n gebrandmerkte gewete

woud_strale_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hierdie dwaalleraars is skynheilige leuenaars wie se gewete toegeskroei is. (1 Timoteus 4:2)

Wanneer ons dinge doen wat verkeerd is, bring dit die dood. God rig ons op die pad van lewe en noem daardie pad Jesus Christus. Ons almal het ’n ingeboude morele polisieman om ons te help doen wat reg is, maar hierdie polisieman kan vreeslik korrup wees! Die ergste hier van is sekerlik ’n gebrandmerkte gewete. Paulus skryf in ons Bybelteks van vandag: “Dwaalleraars wie se gewete toegeskroei is.” Dis soos ’n dik eelt wat oor die gewete groei.

As jy na die nuus luister, het jy al gewonder hoe mense dit regkry om die dinge te doen wat hulle doen? ’n Groot deel daarvan het te doen met ’n gebrandmerkte gewete. Die morele polisieman is korrup en reageer op geen aanklag of on geregtigheid nie. Paulus beskryf dit as mense wat “mis leidende geeste navolg en die leerstellings van bose geeste aan hang” (v 1). Jakobus leer ons hoe ʼn gewete gebrandmerk word: “As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde” (4:17).

Die Heilige Gees werk deur jou gewete om jou te rig en te lei na ’n suksesvolle lewe. Om nie te doen wat jy weet reg is nie, bring jou by ’n gevaarlike plek uit omdat dit die gewete afstomp wat na ’n toegeskroeide gewete kan lei. Dis die plek waar jy nie langer God se stem kan hoor nie omdat jy jou doelgerig en volhoubaar daarvan afgeskei het. God is ’n doen-God. “Doen aan ander … ” sê Jesus in Matteus 7:12. Om nie te doen wat jy weet is reg nie, verrig dodelike skade aan jou gewete. Dit kan uiteindelik tot jou algehele ondergang lei.

Bron:
Op vlerke van geloof deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Huh?! ·

Ag nee, Riekert, jy kon sekerlik meer met hierdie boodskap gedoen het. So het jou ook eintlik afgedwaal van die eintlike boodskap waaroor die Skrif gaan. Wat het ‘n polisieman met dwaallering te doen?! Klink of Riekert skerm en bang is om die Waarheid te deel vir wat dit is….. Teleurstellend. Ek mis ook die gebedsgedeeltes van bv Helena Hugo en Nina Smit.

PJ ·

Dankie Riekert vir die puik boodskap. Daar sal altyd mense wees wat nie die konteks verstaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.