Gedagte vir die dag: Jesus haal Jesaja “verkeerd” aan

Hande1.jpgDie Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armeste verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig. (Lukas 4:18-19)

Ek hoop jy is gereed, vandag gaan ons diep delf in God se Woord. Soms lees ons bo-oor soveel interessanthede in die Bybel en mis op dié manier wonderlike waarhede en skatte direk van God se hart.

In vandag se teksgedeelte lees Jesus hier ’n gedeelte uit die Ou Testament, naamlik Jesaja 61:1-2. Wat baie interessant is, is dat Hy ’n belangrike deel van die Jesaja-teks uitlaat wat die Jode maar alte goed geken het. Hy laat die gedeelte “… die dag waarop ons God sy vyande straf …” uit wanneer Hy Jesaja aanhaal. Hy het dit met ’n goeie rede gedoen. Die tyd van God se seën het met Jesus se eerste koms na die aarde aangebreek het. Die tyd van straf sal aanbreek met sy terugkeer. Sy hoorders het die teenoorgestelde van die Messias verwag. Hulle het gedink dat Hy eers hulle vyande sou vernietig, en daarna God se seën sou bring.

Om alles te kroon vertel Jesus hierna van ’n aantal nie-Jode wat God se genade beleef het. Dit was een te veel vir die Jode: eers haal Jesus Jesaja volgens hulle “verkeerdelik” aan en toe vertel Hy vir hulle God se genade is nie net vir hulle, die Jode, bedoel nie. Almal in die sinagoge was woedend en hulle het Jesus uit die dorp weggejaag. Hulle wou Hom selfs van die rand van ’n berg afgooi, maar ons lees dat Jesus tussen hulle deurgeloop en weggegaan het.

Ons is maar dikwels soos die Jode van destyds, en wil God se genade net vir onsself opeis. Ons kan nie insien hoe ’n persoon wat nie soos ons lyk of dink of iemand wat dalk die een of ander vreeslike sonde gedoen het ook ’n begenadigde van God kan wees nie. God se genade was egter genoeg vir ons toe ons Hom aangeroep het, waarom dan nie vir ander nie? God kyk anders na mense, Hy kyk na ons in groot liefde, ons moet sy voorbeeld volg wanneer ons na ander kyk.

Bron:
Stilword vir vroue deur Liesel Krause-Wiid
Uitgewer: Carpe Diem Media

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

John ·

Klim ons geagte dominee nou selfs in die kerk op die wittes-is-almal-rassiste-perdjie? Wat laat haar dink dat ander Christene, buiten sy natuurlik, so dink?

Fanie ·

John, klink my jy’t probleme ou maat. Rustig maar, jy’s tussen vriende. Haal diep asem, lees weer ‘n keer, en moenie spoke sien waar daar nie is nie.

Tiaan ·

NG biskoppe wil graag leer dis elke Jan rap en sy maat. Gee die leuen nie verder water nie. Die nie-Jode hier is die verlore skape van die 10 stamme ryk in verstrooiing wat die Judeers n harde tyd gehad het om te verstaan waarom hulle nou begenadig word soos Hy duidelik in Matt 10 en 15 verklaar. Hou aan om mense te bedrieg tot julle eie ondergang; julle sal geen verskoning hê nie. Gaan bestudeer die geskiedenis van volks migrasies en ontwaak.

Rudi ·

Hallo Tiaan

Ons sit met miljoene kinder en ander pornografie op die net. Ons sit met dwelems om elke hoek en draai. Geweld moor ons uit, en padsteftes is masief hoog agv n gemeenskap wat swyg oor die korrupsie. Ons sit met n siek “lable brand” mensdom……………….. En Jy dink dit is tyd om ‘n persoon wat veg vir God sleg te se?

Tiaan ·

@Rudi – jy is reg, daar is al hierdie dinge wat jy noem en daar is ook ‘n leuen wat prut in die kontemporêre teologie. Die leuen is van so verrykende omvang dat dit by jou lys gevoeg moet word en bo aan kan staan want dit verklaar Hom tot ‘n egbreker. Hos 2:15. Niemand praat vriendelike vuur goed net omdat die skieter se intensies edel was en hy môre dalk ‘n vyand ook kan raakskiet nie.

Fielies ·

Baklei julle Israelvisie groepies nogsteeds so onder mekaar soos vroeër? Is jy van een van die groepies wat vir Paulus veroordeel as ñ duiwel of van die ander groepies wat sy woorde verdraai en hom uitmaak as een groot “Israeliet”. Hou julle AL die wette of net die maklikkes? Gebruik julle die Hebreeuse Name vir God of behoort jy weer aan ñ selgroepie wat die moderne Roomse name aanhang en dit met verdraaide en gebroke logika in die ou testament probeer inforseer. Is jy van die wat julle laat besny of glo julle nie soos julle broers nie? Wat van die kruis waaraan ons verlosser geKRUISIG was? Is jy van die selgroepie wat glo dit was ñ folterpaal of van die wat glo dit was ñ kruis? Wat van die Bybel? Gebruik julle die Bybel of skryf en publiseer julle ook julle eie een wat al die moeilike gedeeltes verander of soos julle sê, regmaak? Want die skepper van die heelal het mos volgens julle eie erkenning nie die mag om Sy eie Woord te behou nie.

Lance ·

Net so jammer dat die meerderheid wat eintlik begenadig sou word gladnie eers die bybel as verwysing het in hulle lewe en maw dit nie eers sal kan begryp nie. En indien hulle wel die begenadiging ontvang dit eintlik n boodskap deurgee dat die gruwel eintlik nie so erg was nie en ek maar weer so kan maak …..Die oordeel en begenadiging kom nie ons toe nie. Ek glo ons moet enige verontregting of skade aan n ander veroordeel, maak nie saak van sy of haar ras, kleur of geslag.

Tertius ·

Om hierdie gedeelte te verstaan moet ons let op vers 24, lees die gedeelte ook in 33/53 vertaling. Hy Praat oor iets wat deur al die tye kenmerkend is van Sy Volk. Hulle wil gestreel wees in die gehoor en daarom sal die valse profete geglo word bo die Ware profete. Die Ware is onder Sy Volk maar word verwerp in ‘n liberale duisternis gevulde land…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.