Gedagte vir die dag: Jesus het vrede nagelaat

Stiltetyd-1.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Mag daar vrede wees binne jou mure, rus in jou paleise. Ter wille van my broers en vriende is my wens: “Mag daar vrede in jou wees!” (Psalm 122:7-8)

Toe Jesus Christus na ons wêreld toe gekom het, is vrede aangekondig. Toe Hy ons wêreld verlaat het, het Hy vrede na gelaat; tog is vrede iets wat nie alle mense beskore is nie – of so lyk dit. Ware hemelse vrede is iets anders as wat die wêreld verwag. Dis nie tye sonder oorlog en fisiese rus nie. Dis nie ’n huis waarin mense nie woordewisselings het nie.

Ware vrede is vrede tussen God en mens. Dit is ten diepste wat elke mens nodig het en wat elke mens behoort te begeer. En dit is wat Jesus kom bewerkstellig het. Hy het vrede na gelaat, want Hy het God se toorn oor die sonde in ons plek kom dra.

Dierbare Meester, laat my die gawe van vrede met ander deel sodat hulle U ook kan leer ken. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

VaalDonkie ·

“Ek kom nie om vrede te bring nie, maar ‘n swaard”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.