Gedagte vir die dag: Jesus is ’n goeie gewete

 sonstrale_woud_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hou vas aan die geloof en behou ’n goeie gewete. (1 Timoteus 1:19)

Paulus het getuig dat hy ’n skoon gewete het oor hoe hy sy lewe in diens van God gelei het (Hand 23:1), maar daar is ’n verskil tussen sy goeie gewete toe hy Saulus was en sy goeie gewete vandat hy Paulus geword het. Sy goeie gewete as Saulus noem ek sommer sy onwedergebore gewete. Daaroor kan ons môre gesels.

’n Goeie gewete ná wedergeboorte is een wat deur die Gees van God in stand gehou word en sensitief is vir dit wat God as reg en verkeerd bestempel. Hierdie gewete word nie deur reëls en wette gekweek nie, maar deur die Gees van Christus wat in elke gelowige werk. ’n Goeie gewete het ’n naam: Jesus Christus. Dis immers God se ambisie vir elkeen van sy kinders – om tot die volle mate van die grootte van Christus te groei. Jesus bevry ’n mens se gewete om die lewende God te dien (Heb 9:14). Paulus verklaar: “Daarom doen ek ook my uiterste bes om altyd ’n skoon gewete voor God en die mense te hê” (Hand 24:16). ’n Rein of Jesus-gewete is iets wat voortdurend geoefen word. Op dieselfde manier waarop jy jou gewete kan verlam, kan jy dit ook aanwakker deur te doen wat in God se oë reg is.

Vandag gaan jy geleenthede kry om te oefen om ’n goeie en rein gewete voor Jesus te hê. Jy kan kies om gehoorsaam te wees of nie, elke tree van gehoorsaamheid bring jou nader aan Jesus. Hoe meer jou liefdeskennis van Jesus ontwikkel, hoe meer kan jy onderskei wat God se wil is. Hoe meer jy God se wil kan onderskei, hoe reiner en meer volwasse raak jou gewete voor God. Dit is ’n proses wat nooit ophou nie.

Bron:
Op vlerke van geloof deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elize ·

Al wat ek kan se My GOD sorg en al gaan dit soms rof en baie moeilik my Here sal my of ons nie los nie en as ek terug kyk OP my lewenspad is daar net een woord HY het my gedra of ons gedra dankie HERE vir my kind ouers en famille dankie dankie

Hannelie ·

Baie dankie dat elke oggend eerlike en sielskos kan ontvang. dankie dat dit my aanspreek en nie flou laat nie

MADELEEN ·

Elize ek kan ook getuig dan God nog altyd daar was en soms voel dit of mens teen mure vas hardloop maar dit is juis dan wat Hy ons gedra het. Ons dien ‘n wonderlike God wat sy kinders se belange altyd bo alles stel. Dankie Here dat U altyd daar is vir ons ongeag van al ons sondes en foute. Here seen asb my man, kinders, vriende en familie. In Jesus naam. Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.