Gedagte vir die dag: Jesus is ons sekuriteit

Stiltetyd-5.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Staan my huis nie by God nie? Het Hy dan nie ’n blywende verbond met my gemaak, een wat in elke opsig bevestig, gewaarborg is nie?  Al my redding, al my vreugde – kom net van Hom af. (2 Samuel 23:5)

Aan die einde van sy lewe kon koning Dawid nog steeds hierdie woorde sê. Ja, Dawid het gesondig, maar hy het sy sonde voor God bely, en hy was seker dat God hom steeds liefhet. Dawid het hierdie sekerheid gehad omdat hy God se hart geken het. God self het sy verbond met ons gewaarborg. Hy het elke belofte aan ons nog nagekom. My verlossing is seker omdat ek weet dat Jesus nooit verander nie.

Ons lees in Hebreërs 13:5 hierdie belofte van God: “Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie.” God is ons sekuriteit. Jesus staan vir ons borg omdat Hy in ons glo. Wanneer iemand wil begin boer of ’n besigheid wil begin en hulle het nie sekuriteit nie, is dit baie moeilik om te begin. Die besigheidspersoon of bank wat vir hulle die geld leen, sal wil weet: “Watter waarborg het ek dat ek my geld sal terugkry as dit nie werk nie?” En as daar nie sekuriteit is nie, sal die persoon nie die lening kry nie.

Ons het iemand nodig gehad wat vir ons sal instaan, en die Persoon wat dit vir ons gedoen het, is Jesus. Ons moet ons sonde bely. Ons moet opstaan, onsself afstof en die wedloop voortsit. God sal ons nie verlaat nie, en wanneer Hy op die oordeelsdag vir die Seun vra: “Hoekom moet Ek hom in die hemel toelaat?” sal die Seun antwoord: “Vader, want Ek ken hom – Ek het vir hom gesterf.”

Leef vandag in die wonderlike wete dat ons sekuriteit het – ons Here Jesus Christus.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Esme ·

Sonder God is ons verlore en ja, dit wat ons tans beleef is aaklig, maar ons is tot alles in staat deur Christus wat ons krag gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.