Gedagte vir die dag: Jesus isoleer Hom nie van ons nie

paartjie_natuur_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Tollenaars en ander sondaars het dikwels na Jesus se onderrig kom luister. (Lukas 15:1)

Toe Jesus op aarde was, het die godsdienstige leiers alles en almal gekategoriseer. Daar was rein kos en onrein kos. Daar was heilige dae en gewone dae. Daar was gewyde grond en onrein grond. En natuurlik was daar heilige mense en onrein mense. Die onreines was mense met sekere siektetoestande soos melaatsheid. Hulle kon nie in sinagoges of in die tempel ingaan nie. Sondaars soos tollenaars, sekswerkers en diewe was ook onrein. Ander bevolkingsgroepe ook. Geen godsdienstige het ooit saam met sulke onreines geëet, of in hulle huise gekuier nie. Hulle “sonde-toestand” was hoogs aansteeklik.

Jesus het Hom niks gesteur aan hierdie reinheidsreëls nie. Of aan godsdienstige saniteerdery nie. Hy het sy “wet wipes” in die hemel vergeet. Jesus het nooit ’n handspuit nodig gehad om Hom te isoleer van “aansteeklike” mense nie. Hy het aan melaatses geraak. Hy het saam met sondaars geëet. Lukas 15:1-2 vertel ook dat sondaars en tollenaars graag na Jesus geluister het. Die godsdienstige leiers was woedend hieroor, maar Jesus se hart was wawyd oop vir almal. Hy sien al die mense raak wat misgekyk en oorgekyk word. Gewone mense, reines, onreines – almal is binne sy visier van vriendskap. Kom ons leer by Hom. Kom ons gooi daardie godsdienstige handspuite weg wat ons isoleer van Jesus se soort vriende en wees net daar vir mekaar in sy Naam.

Bron: Gereed vir vandag deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Here dankie dat U sondaars soos ek gered het klaar gesanitiseer het met U ewige liefde. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.