Gedagte vir die dag: Jesus maak ons vry

Toekomspad

Foto: Gopixpic.com

Jesus is die enigste Een wat ons kan verlos van sonde en waarlik vrymaak. Net deur Hom kan ons weer wees wat God oorspronklik bedoel het. As jy vrygemaak is van die las van sonde, moenie weer deur die son­de gebind word nie.

Christus het ons vrygemaak om regtig vry te wees. Hou vas aan hierdie vryheid. Moet dit vir niks ter wêreld prysgee nie. Moenie toelaat dat ander mense julle weer slawe van hulle skewe sienings maak nie. (Gal 5:1, Die Boodskap)

Aan Hom wat ons liefhet en ons deur sy bloed van ons sondes verlos het, en ons laat deel in sy koninklike regering, aan Hom wat ons priesters vir God, sy Vader gemaak het, aan Hom behoort die heerlikheid en die krag vir ewig en altyd. (Openb 1:5-6)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.