Gedagte vir die dag: Jesus, meer as ’n mens

hand_veld_son_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. (Johannes 1:14)    

Ja, Jesus was ’n gewone mens, maar ook veel meer. Hy was buitengewoon! Johannes, wat Jesus van kinderjare af geken het, getuig dat hulle sy “heerlikheid” beleef het, sy “genade en waarheid”. Daar was iets spesiaals aan Jesus. Dalk het Hy ’n vrede om Hom gehad? Dalk het Hy met Goddelike gesag gepraat? Dalk was daar liefde in sy oë?

Jesus was anders! Is dit omdat Hy geen aardse pa gehad nie? Jesus doen wonderlike dinge: Hy genees die siekes, Hy maak die storm stil, Hy loop op water, Hy maak dooies lewend. Die duiwel wyk vanuit sy teenwoordigheid. By geleentheid verander sy voorkoms en skyn Hy soos die son.

Wie was hierdie mens? Hierdie mens was God-se-mens op ’n missie om ons te help! Hierdie Jesus, wat gesê het: “Ek is met julle tot aan die einde,” is by ons – by my en jou. Met sy heerlikheid, in sy genade en waarheid staan Hy vandag langs jou. Kyk op in sy oë; sien sy liefde.

Dankie, Here Jesus, dat U in u heerlikheid en krag en genade by my is. Die vyand moet voor u teenwoordigheid wyk! Amen.

Bron: Hier is ek, Here deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here Jesus U die volmaakte het my lief in my gebrokenheid as mens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.