Gedagte vir die dag: Jesus, my rolmodel: Genesings

sonsondergang_mense_strand_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Julle weet ook hoe God Jesus van Nasaret met die Heilige Gees en met krag gesalf het. Jesus het toe rondgegaan, oral goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat onder die mag van die duiwel was, want God was by Hom. (Handelinge 10:38)

Ons dink nie dat ons die derde soort optrede van Jesus – sy genesings – kan naboots nie. Ons kan nie sy genesings naboots nie, maar wel navolg. Jesus se gesondmakings was wonderbaarlik en met ’n doel. Elke genesing het mense gewys dat Hy die Seun van God is en meer is as net ’n gewone rabbi of leermeester.

Ek kan nie sy wondergenesings herhaal en naboots nie, want dis nie hoe ek myself bewys nie. Maar ek kan dit navolg deur tog die wêreld meer gesond te maak. Ek kan met Jesus se liefde my stad meer gesond maak deur die gif van sonde te beveg. ’n Stad, gesin of werkplek waarin ek liefde ingedra en sonde beveg het, is meer gesond. Die lys van moderne siektes is lank en baie wyer as net liggaamlike siektes. Kom ons dink vandag net aan samelewingsiektes: armoede, onreg, geweld, mishandeling, verslawings, gemoedsversteurings en baie meer. Dink vandag slegs aan één hiervan, en gaan dink en bid daaroor. Jy sal iets ontdek wat jý kan doen om jou omgewing gesonder te maak, nes Jesus sou doen.

Aan watter samelewingsiektes kan jy vandag al begin werk?

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Here gemoedsversteurings het so n groot inpak in ons lewens….ek dra elkeen aan U op wat daarmee worstel…….Amen

Pieter9 ·

Die dag toe jy die Here aangeneem het het jy ‘n nuwe mens geword – Korintiers – jy het die volmaakte GEES van GOD in jou en dieselfde krag wat Hom uit die dood opgewek het is nou IN jou. Hy, God die Vader deur Jesus Christus het opdrag gegee dat ons, deur Sy krag, siektes kan genees. Genesing deur Sy krag in ons gebeur vandag nog – Lewe en dood is in die mag van die tong – Spreuke- en jy kan LEWE spreek deur die krag van die Heilige Gees in jou. Jy moet die bevel gee en geen siekte aanvaar nie; ons kan die lewe hierdie kant van die graf reeds ten volle beleef – die Here seldf het gebid …’ soos in die hemel so ook op die aarde’… jy kan in volle oorwinning vandag leef. Jesus Cristus heet reeds ALLES gedoen en vir ons gegee; ons moet dit net GLO en toeeien – Mark 11:23 , Johnannes 14, 15 en 16 en te veel om nou te noem. Die Here wil nie dat jy siek wees nie, maar soos wat jy GLO en dan DOEN bepaal of jy in volle oorwinning leef. Selfs in ‘n gebroke wereld. Genesing is vir jou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.