Gedagte vir die dag: Jesus, my rolmodel: Leer ander soos Jesus

see_sonsopkoms_hart_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Julle weet tog dat God aan die volk Israel die Goeie Nuus gestuur het dat daar vrede met Hom is deur Jesus Christus, wat Here oor almal is. (Handelinge 10:36)          

Elke keer as ek in die Bybel lees hoe Jesus gelewe het, word sy lewenstyl myne. Ek wil Hom navolg, Hom as rolmodel in my lewe volg. In Petrus se toespraak oor Jesus aan Kornelius noem hy Jesus-gewoontes wat ons kan navolg. Jesus het heeltyd rondbeweeg om mense te léér. Om mense te leer, verander hulle en dit is wat ek ook moet doen: mense ten goede verander.

Hoe kan ons mense leer? Daar is Christene wat ander mense meerderwaardig en beterweterig probeer leer, en dis irriterend. Jesus het veral geleer deur gelykenisse. Hy het verhale vertel met simboliek, verhale met lewenswaarhede. Daarom onthou ons sy leringe. Ons onthou, byvoorbeeld, ons is so welkom by Hom soos die verlore seun. Ek word ’n goeie leermeester as ek Jesus se leringe so baie lees en oordink dat dit spontaan uit my mond uitkom. As die situasie dit vereis, is dit gereed in my hart en mond.

Wat van Jesus se wysheid het jou vriende nou nodig?

Lees Paulus se inleiding van sy toespraak by Kornelius in Handelinge 10:36.

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Heer dat ek U in spore mag volg…..my Leidsman my Verlosser…Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.