Gedagte vir die dag: Jesus, my rolmodel: Woorde én dade

see_skulpe_vrou_hand_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Julle weet ook hoe God Jesus van Nasaret met die Heilige Gees en met krag gesalf het. Jesus het toe rondgegaan, oral goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat onder die mag van die duiwel was, want God was by Hom. (Handelinge 10:38)

Jesus se goeie dade was indrukwekkend. Mense se goeie toesprake kan nogal beïndruk, maar dit word eers geglo as mense sien dat jy dit self toepas. As jy een ding preek en ’n ander ding doen, luister mense nie meer na jou nie. Dis veral belangrik vir jou naaste mense. As jou gesin jou mooi en vroom dinge hoor sê, maar hulle beleef harde seermaak-dinge van jou kant af, maak jou lering geen indruk nie. Maar as jy soos Jesus goeie dade doen, maak jy ’n indruk.

Watter goeie dade is dit? Dié van die Tien Gebooie en meer. Jesus se goeie dade het meer ingesluit as die Fariseërs se wetsgehoorsaamheid, want Hy het die hart en bedoeling van elke wet ook gehoorsaam. Nie net wegbly van moord nie, maar wegbly van selfs woordmoord, om seermaak-dinge te sê (Matt. 5:22). Is jy ’n goeie mens? Doen jy moeite om oral goeie dinge te doen? As mense jou ken as ’n goeie mens, volg jy waarskynlik vir Jesus.

Ons vind Petrus se kort opsomming van Jesus se lewe in Handelinge 10:38.

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here help my om so te leef dat ander U in my kan sien…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.