Gedagte vir die dag: Jesus, ’n gewone mens

woestyn_droe_veld_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. (Johannes 1:14)

Tweeduisend jaar gelede is ’n kindjie in Betlehem gebore. Hy het ’n Joodse naam en van, ’n adres, ’n aardse pa en ma. Hy gaan skool toe, Hy word “aangeneem”, Hy leer sy pa se besigheid en word ’n skrynwerker – vir jare en jare. Later begin Hy preek. Wonderlike dinge gebeur! Nogtans bly Hy ’n gewone mens: Hy word moeg, honger, dors, kwaad, hartseer, bang. Hy ken die versoekings van die lewe. Hy weet nie alles nie en sê dit self. Hy sterf uiteindelik pynlik aan die kruis. Die punt is dit: Jesus was ’n mens soos ons – ’n gewone mens, “ten volle mens”.

Hoekom dan? Wel, ’n mens moes betaal vir mense se sonde. Dis egter wonderlik dat God onder ons kom woon het, nie waar nie? En Hy doen dit nog steeds! Nie op dieselfde manier nie, maar tog: Christus is in jou en in my en selfs in “die geringste van sy broers”. Ja, Hy is nog hier, hier onder ons! Daarom moet ons mekaar versigtig behandel.

Dankie, Here, dat U onder ons kom woon het. Dankie dat U steeds onder ons woon, deur u Gees. Amen.

Bron: Hier is ek, Here deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Thom ·

Wat is die ” sonde ” waarvan predikante so graag praat ?

OW ·

Gaan bestudeer die Evangelies en jy sal al die sonde kry waarvan predikante so graag praat.

Porseleintjie ·

Thom, enige iets wst buite die wil van God is. Lees Galasiers, Efesiers, Korinthiers, Kollossense ens. Daar gee die Woord duidelik vir jou ‘lysies’.

PoppieK ·

Hy word “aangeneem”….. vertel meer, ek verstaan nie

Porseleintjie ·

Jesus het as mens na die aarde gekom, maar met die Gees van God reeds in Hom. Selfs Johamnes die Doper het reeds in sy moeder se baarmoeder geweet Wie Maria verwag. Jesus is en was meer as net n gewone mens. Hy is ons Verlosser en was absoluut sondevry. Skrywer jy se dan self God het onder ons kom woon. Hy het alles geweet. Hy is die volmaakte en vlekkelose Lam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.