Gedagte vir die dag: Jesus se genade blaas die vuur dood

vrou_sonsondergang_dink_see_staar.jpg

Foto: stringsofsoulfulness.com

Jesus sê vir die vrou: “Jou sondes is vergewe.” (Lukas 7:48)

Eugene Peterson, vertaler van The Message, vertel in een van sy boeke hoedat hy in sy kinderdae deur die skool se boelie geteister is. Op een spesifieke dag kon hy dit net nie meer uitstaan nie. Toe loop hy die boelie onderstebo en gaan sit bo-op hom. Hy het hom links en regs geslaan totdat sy gewete hom begin pla het.

Toe besluit Peterson om vir die boelie te sê hy sal ophou slaan as dié sy lewe vir die Here gee. Hy skryf dan dat hy baie goed besef dat dit nie ’n goeie manier van evangelisasie is nie.

Dit klink heeltemal te veel na daardie “draai of braai”-resep. Jesus het juis nie met sulke hemelse weerligstrale op aarde kom rondloop nie. Hy het ook nie nog kole gebring vir die groot vuur nie.

Sy woorde en dade het gewys dat God genade het met sondaars, siekes en kie. Lewende brood en water is altyd by Jesus beskikbaar, vandag nog.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elizabeth ·

Maar ons as sondaars het ook ‘n duidelike verpligting om ons van ons sondes te bekeer. Dit voel asof ons al te graag net vassteek by die genade van God, maar nie besef dat daar ‘n voorwaarde ook is nie soos Jesus wat vir die vrou in Joh 8:11 gese het […] “Gaan heen en sondig nie meer nie.”

Hierdie was ‘n direkte opdrag – “sondig nie meer nie”. Hier was geen sprake van siekte nie, maar wel van die doodstraf. Sy moes haar gewoontes verander, ‘n nuwe lewe kies, anders was die doodstraf haar voorland. ‘n Nou of nooit situasie – gaan en gaan maak reg óf …

Theresa ·

Dankie dat Jesus die Heilige Gees vir ons agtergelaat het omsodoende ons bewus te maak van baie dinge wat ons nog verkeerd doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.