Gedagte vir die dag: Jesus se oorvloedige genade

Stroom_Berg_Reint_Dykema.jpg

Foto: Reint Dykema

Lees: 2 Korintiërs 8:1-9

Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word. (2 Korintiërs 8:9)

Terwyl Jesus op aarde was, het Hy baie min oor genade gepraat. Hy het wel genade uitgeleef in alles wat Hy gedoen het. Hy het ook stories oor genade vertel: Van ’n seun wat van die huis af weggeloop het en sy erfporsie uitgemors het, maar tog met ope arms deur sy vader ontvang is toe hy besluit het om huis toe te kom. Van ’n herder wat sy 99 skape onbewaak in die veld laat om één skaap te soek wat weggeraak het. Toe hy daardie skaap kry, het hy sy bure vir ’n fees bymekaargeroep. Van ’n feesmaal waar die genooides nie wou kom nie en agterstraatmense in hulle plek genooi is.

Jesus het die uitgeworpenes met sy genade aangeraak: Hy nooi ’n gehate tollenaar om een van sy dissipels te wees en roep nóg een uit ’n vyeboom omdat Hy by hom wil kom eet. Dit is juis daardie Bybelkarakters wat dit die heel minste verdien wat Jesus met sy genade aanraak. Nie net tollenaars nie, maar ook prostitute en heidene. Snaaks genoeg het Jesus nie veel ooghare vir die “goeie” mense van sy tyd gehad nie; daardie mense wat gemeen het dat hulle nie genade nodig het nie.

Ter wille van jou het Jesus die hemel verlaat en aarde toe gekom, sodat jy, ten spyte van jou sonde, vandag ook in sy genade kan deel.

Here Jesus, U weet so goed dat ek u genade nooit sal kan verdien nie, maar tog kom U na die wêreld om dit vir my aan te bied. Dankie daarvoor! Amen.

Bron:
Jy is myne deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tollies ·

Dankie Hemelse Vader Genade is ook nie iets wat ek verdien nie ,maar U genade is onbeskryflik groot.
dankie maoela vir die dagstukkies

Elgeraine ·

Dankie Liefste Vader vir U oneindige liefde en genade! Ek verdien dit nie..en tog! God is Groot!

hennie ·

dankie, dit is elke dag nodig om te besef dat daar IEMAND is wat ons ly, behoed en bewaar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.