Gedagte vir die dag: Volg Jesus se voorbeeld

Stofpad_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hierdie soort swaarkry maak juis deel uit van dit waartoe God julle geroep het. Christus wat vir julle gely het, is julle voorbeeld. Volg in sý spore. Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Só is ons vry van die sonde. (1 Petrus 2:21, 24, NLV)

Soms verwag God van sy kinders om onverdiend swaar te kry.

Die slawe van Petrus se tyd is soms onregverdig behandel, maar Petrus vra van hulle om gehoorsaam aan hulle eienaars te bly. Wanneer hulle dit doen, volg hulle Jesus se voorbeeld. Hy het die straf vir ons sondes onskuldig aan die kruis gedra, sodat ons nou vry van sonde kan wees. Petrus beklemtoon die feit dat ’n mens die genade sal kry om lyding te verduur mits jy dit ter wille van Jesus doen.

Om straf te verdra as jy dit verdien, is alledaags, maar die mense wat gewillig is om onskuldig te ly soos Jesus gedoen het, sal aan die ontvangkant van God se genade wees. Omdat Jesus in jou plek gestraf is, maak Hy dit vir jou moontlik om na God terug te kom.

Here Jesus, ek loof U dat U gewillig was om in my plek vir my sondes te betaal sodat ek God se straf kon vryspring. Amen.

Bron:
Geskenk van genade deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Daan Venter ·

Ai, Oom Herrie, dít was nou ‘n vrolikheid met die gevliegery. Vertel asseblief èlke Maandag sulke lekkerlag storie toe? Ons is so moeg van die naweek se skandes en skades en politiek en waarskuwings dat ons oudag-se-geldjies nie gaan hou nie! Ek voel sommer vrolik en verfris! Gee vir die man ‘n Bells, toe Maroela?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.