Gedagte vir die dag: Jou houding bepaal alles

mense_bankie_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek is vandag nog net so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het. Ek het steeds dieselfde krag as destyds. Ek kan nog al die tyd uitgaan om oorlog te maak en veilig terugkom. (Josua 14:11)

Die Here het my laat bly lewe soos Hy 45 jaar terug vir Moses beloof het toe ons nog in die woestyn rondgetrek het. Ek is vandag ’n man van 85. Ek is vandag nog net so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het. Ek het steeds dieselfde krag as destyds. Ek kan nog al die tyd uitgaan om oorlog te maak en veilig terugkom. Gee vir my asseblief die heuwelgebied waarvan die HERE daardie dag gepraat het. Jy het daardie dag gehoor dat die Enakiete daar in groot, versterkte stede bly. As die Here by my is, sal ek hulle daar kan uitdryf soos die Here beloof het. (Josua 14:10-12)

Ouderdom maak nie vir God saak nie; Hy stel eerder belang in ons gesindheid. Kom ons gaan vandag uit en neem daardie spreekwoordelike vesting vir Jesus in. Leef jou droom.

Een van my mentors is 85 jaar oud. Hy is waarskynlik die positiefste man wat ek al ooit ontmoet het. Hy ry elke dag fiets en swem elke dag in die see. Wanneer ek hom bel en vra hoe dit met hom gaan, vra hy altyd eerste uit oor my en my gesin. Hy praat selde oor homself. Hy het al ’n groot hartoperasie ondergaan, asook ’n operasie aan sy oë, maar daar is niks wat hom terughou nie.

Net nadat hy ’n groot Christelike skool gebou het, het ek vir hom gevra of hy dinge rustiger gaan begin vat. Hy het vir my ’n definitiewe “nee” gegee. Hy bid nou daaroor om ’n Christelike universiteit te bou. Jy sien, hy is ’n man met ’n missie. Hy mors nie tyd nie.

Ons lees in Numeri 14:24: “My dienaar Kaleb het egter ’n ander gesindheid teenoor My gewys. Hy het by My bly staan. Ek sal hom in die land laat kom wat hy gaan verken het. Sy nageslag sal die land besit.” Moenie bang wees nie. Verander jou gesindheid en dan sal jy sien hoe God jou lewe verander.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.