Gedagte vir die dag:  Jou naam in die boek van die lewe

Bybel_boek_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie. (Luk 15:7)      

Die oudste broer in die gelykenis van die verlore seun was so kwaad dat hy nie eens by die huis wou instap nie. Ek sien die huis as ’n simbool van die hemel. Selfs toe sy pa by hom gepleit het, wou hy nie saam feesvier nie.

Ons eiegeregtigheid kan ons uit die hemel hou. Eiegeregtigheid is waaraan die Fariseërs skuldig was. Hulle het gedink net hulle is reg. “Wie dink hierdie bedrieër van Nasaret ís hy? Hy was nie eens sy hande voor ete nie!” Hulle het ander veroordeel. Moenie soos hulle wees nie!

God het vir jou die ewige lewe belowe. Jou naam is in die Lam se boek van die lewe geskryf. Waaroor is jy dan so bekommerd? Wees saam met die engele in die hemel bly oor nog ’n sondaar wat huis toe kom, net soos Jesus daaroor bly is. Jesus sê sy Vader sal vir elke sondaar wat berou toon en huis toe kom die vet gemaakte kalf slag en ’n fees hou. Almal sal saam feesvier.

Moenie so bekommerd wees oor sondaars wat hulle bekeer nie. Ons almal is sondaars wat deur die genade van God gered is. Wees bly dat hulle name nou ook in die boek van die lewe opgeskryf sal word. Maak seker jy voltooi jou wedloop en leef goed en regverdig.

Here Jesus, ek vier fees saam met U en die engele in die hemel oor elke sondaar wat huis toe kom. Help my om hulle na U toe te lei, Here.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

DeVill ·

NIKS maar NIKS kan enige uitverkorene uit die hemel uit hou nie!

Jesus het klaar betaal vir ons “eiegeregtigheid” en tonne ander sondes!

Jesus het ons alreeds gered en niks en niemand kan dit verander nie, nie eers jyself nie!

Jy gaan hemel toe, GLO DIT!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.