Gedagte vir die dag: Jou oorlogskreet

 rots_lighuis_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Net Hy is my rots en my redding, my vesting waar ek stewig staan. (Psalm 62:7)

Hoewel dit nie moontlik of regverdig is om verskillende tipes seerkry volgens grade in te deel of met mekaar te vergelyk nie, hoef jy nie ver te soek vir mense wat die smart ervaar van intense lyding wat al hul goeie bedoelings kom kaap het nie. Miskien het die pad waarop jy is jou by die rand van ’n afgrond gebring. Dalk strek daar ’n geleidelike maar bedrieglike lang opdraand voor jou uit en niemand weet hoe oorweldig jy voel of hoe jy elke oggend wakker word en wonder hoe jy die einde daarvan sal bereik nie.

Ek bid dat God jou, te midde van jou uitputting, hartseer of katastrofe, sal versterk met waarheid en moed om jou teen die uitmergelende aanslag van pyn te beskerm. Ek bid dat jy nie paniekerig of lam van vrees sal raak nie, maar dat jy lyding vas in die oë sal kyk en dat dít vir jou meer moed sal gee wat jy gedink het moontlik is.

Mag jou hartseer omskep word tot ’n oorlogskreet vir heerlikheid. Mag daardie kreet die lug vul en die wêreld verander.

Is jy bereid om die nuwe stem vir die stryd, om God se heerlikheid mee uit te basuin, te aanvaar?

Here, dit lyk onmoontlik, maar as U my trane in triomf kan verander, aanvaar ek die nuwe stem wat U vir my wil gee. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pine ·

Amen. Weereens die regte boodskap gestuur deur genade. In die kol met my lewe tans. Genadiglike God wat ons dien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.