Gedagte vir die dag: Jou pad sal helderder word

voetpad_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek laat die blindes loop op ’n pad wat hulle nie ken nie, Ek laat hulle op paaie gaan wat vir hulle onbekend is. Ek verander die donker voor hulle in lig en Ek maak die ongelyk plekke gelyk. (Jesaja 42:16)

Wat ’n pragtige vers is Jesaja 42:16! God belowe ’n nuwe seisoen vir die Jode. Die ballingskap is verby en hulle gaan huis toe! Hulle is egter soos blindes in hulle onkunde en sonde – hulle weet nie eers regtig wat aangaan nie, maar dit maak nie saak nie. Hulle straftyd is verby en God sal hulle terugneem. Namate hulle terugkeer op die onbekende pad sal die pad bekend word, sal die ongelyke plekke gelyk word, sal selfs die donker verdwyn en sal dit helderder word. Wat hulle gedink het onmoontlik is, sal God moontlik maak!

Kan jy vandag nie die pad voor jou sien nie? Voel alles onbekend, ongelyk, donker – selfs gevaarlik? Dis nie vir God ’n probleem nie. So ver as wat jy stap, sal Hy die pad vir jou wys, sal jy beter kan sien, sal dinge in plek val. Kort voor lank sal jy op ’n gelykte wees met die toekoms helder voor jou. Dit gaan nie oor jóú ver visie nie, dit gaan oor sý perfekte blik op die saak. Volg jy maar net vir Hóm.

Here, U maak die pad; ek volg net vir U. Amen.

Bron:
In die lig van sy genade deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hannah ·

Baie dankie vir hierdie boodskap in ‘n tyd soos hierdie.

Johann ·

Baie dankie vir u deurlopende en ook uitstekende boodskappe, dit versterk my siel in die duister wêreld waarin ons lewe. Amen

Piet ·

Pragtig , baie dankie vir die inspirasie. Spr 4:18 sluit ook mooi aan ; ” die pad v d regverdiges is soos die lig v d moreglans , wat al helderder word tot die volle dag” Op die volle dag is die “son” reg bo en is daar geen skaduwee meer nie . Ons redding begin , soos die dag, by die Morester (Christus) en dan vorder ons van n flou glans na die volheid van God , wanneer net Sy lig sigbaar is in ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.