Gedagte vir die dag: Jou verantwoordelikheid

aanbid_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Nader tot God en Hy sal tot julle nader. (Jakobus 4:8)

God roep gedurig: “Kom na My toe!” en dis deur jou antwoord dat die kwaliteit van jou Christelike volharding geopenbaar word.

God vereis toewyding wat jou hele lewe omsluit en dis hiervan wat baie mense terugdeins. Hulle is onwillig om die eise van totale oorgawe te beantwoord en lewe daarom in onvoldoende geloof.

God eis nooit dat jy iets prysgee sonder dat Hy iets beter in die plek daarvan plaas nie. Wanneer Hy vra vir jou toegewyde lewe, gee Hy jou die ewige lewe in ruil en jy betree ’n dimensie wat jy nooit sou glo jy kon belewe nie.

Deur verantwoordelikheid te aanvaar vir jou eie geestelike groei beweeg jy steeds nader aan jou Verlosser.

Vader, ek aanvaar in u krag verantwoordelikheid vir my eie geestelike ontwikkeling en wil al die genademiddels gebruik wat U tot my beskikking stel. Amen.

Bron: Mini-Oordenkings – Genade vir elke oomblik deur Solly Ozrovech
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie Here vir al U genade en seëninge. Amen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.