Gedagte vir die dag:  Jou woorde = Hoopgeërs

hand-blomme-stiltetyd.jpg

Foto: klimkin/pixabay

Leer eers om goed te doen. Sorg dat mense regverdig behandel word. Help mense wat verdruk word. (Jesaja 1:17) 

Het jy al daaraan gedink dat jy ander ryk kan maak? Nie noodwendig met fisieke dinge nie, maar met jou hart. En veral dan jou woorde?

So baie mense wat alles het wat hul hart begeer, is brandarm aan goedvoel. Aan betekenisvol voel. Natuurlik kan dit baie oorsake hê, maar een daarvan is dat ons, bloot oor die kritiese manier waarop ons na mekaar kyk en die suinigheid waarmee ons ander op hul mooi wys, mekaar arm laat oor wie-ek-dink-ek-is. Daarteenoor kan ons so ’n groot verskil maak as ons met ander lense na mekaar kyk: Met God se begripvolle, deernis-oë mekaar beskou. En dan die goeie wat ons deur sy lig raaksien, vir mekaar sê.

Kom ons bid dat die Gees in hierdie dae ons harte met sy lig sal verlig sodat ons ánders na mekaar sal kyk. En daarom hoop- en heelmaakwoorde vir mekaar sal hê.

Heilige Gees, help my om ander deur die glans van u genade en liefde te beskou. En leer my dan die taal van opregte en suiwer ek-het-jou-raakgesien-woorde.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.