Gedagte vir die dag: Jy behoort aan die Here

 Stlitetyd_Sonsondergang1_Juaniata-Badenhorst.jpg

Foto: Juanita Badenhorst

Ons het nie finale seggenskap oor onsself nie – of ons lewe of sterwe. As ons leef, leef ons mos vir die Here, en as ons sterf, sterf ons vir Hom. Of ons dan lewe of sterwe, ons is volkome sy eiendom. (Romeine 14:7-8)

Jou lewe was bedoel om saam met God en vir God geleef te word. Jy is op só ’n manier geskape dat jy op jou beste funksioneer wanneer jy saam met Christus werk. Jy was nooit bedoel om van Hom geskei te wees nie.

Wanneer jy onrus ervaar weens keuses wat teenstrydig is met God, is hierdie onrus nie soseer ’n vonnis nie, maar eerder ’n gevolg. En wanneer jy geseën word weens God se nabyheid, is hierdie seën nie ’n klop op die skouer nie, maar ’n gevolg van die heerlike teenwoordigheid van God. God is magtig, Hy oorweldig én stel gerus.

Prys die Here dat Hy jou met ’n behoefte geskep het wat slegs deur Hom vervul kan word! Prys Hom. Soek Hom.

Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.