Gedagte vir die dag: Jy en God is een

God

Argieffoto.

Die geheim is: Christus leef in julle. (Kolossense 1:27b)

Jy is soekend. Al dink jy nie so nie. So is jou vriendin. Jou man. Jou kinders. Jou kollegas. Ons is almal op soek na ons ware identiteit. Na wie ons eintlik is. Vandat ons hier in die omgewing van twee jaar besef dat ons ’n eie mens is, probeer ons om hier- die “wie-is-ek” vir onsself en die wêreld te teken.

’n Groot deel van ons lewens bestee ons dan daaraan om hierdie prentjie te voltooi en in te kleur. Dis ook reg so. Want ’n eie identiteit wat gevorm word uit ons persoonlikheid, talente en vermoëns is immers die dryf vir ons werk, die bou van ons uiterlike en nood saaklike ruimtes: van ons bestaanslewe.

Maar dan gebeur dit (en daar is geen ouderdomsperk vir hierdie proses nie) dat ’n mens wonder wie jy regtig is wanneer al die aardse dinge nie daar is nie. Dan begin jy wonder hoe jy in God se oë sal lyk as jy vandag voor Hom sou gaan staan. Het jy “goed genoeg” geleef? Is jy sy liefde waardig? Sou Hy bly wees om jou by Hom te ontvang?

Richard Rohr sê die antwoord is nie wie jy is nie. Maar wie jy objektief ín God is. Daar waar jy God in die binnekamer van jou hart vind … daar vind jy ook jouself. En waar jy jouself vind, vind jy ook die ware God.

Here, ek wil in U rus, myself in U vind, U in my vind. Wys my die weg, asseblief.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.