Gedagte vir die dag: Jy gaan aangetrek word

bybel-lig-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die een wat aanhou oorwin, sal net so met wit klere aangetrek word. En Ek sal sy naam nooit uit die Boekrol van die Lewe vee nie, maar voor my Vader en sy engele getuig dat hy van mý mense is. (Openbaring 3:5)

Ons is gereinig, ons word elke dag gereinig en ons het die vooruitsig van finale reiniging. Ons is gered uit duisternis, ons word daagliks uit duisternis gered en ons het die vooruitsig van finale redding. Ons is beklee, word elke dag beklee en sien uit na die finale bekleding.

Jesus se woorde is maklik om te verstaan en die boodskap is duidelik. Wat dikwels moeiliker is om te verstaan, is hoe kan dit al drie komponente wees? Ons wil dit liefs indeel in óf die een óf die ander, maar al drie saam verg begrip! Die boodskap van tot geloof kom, daagliks deur geloof lewe en getrou in die geloof bly, is iets wat integraal deel is van die evangelie. Lees gerus ook Openbaring 2:7, 17, 26; 3:12, 21 en 21:7.

Paulus se woorde aan die einde van sy lewe: “Ek het gelowig gebly” (2 Tim 4:7) is ’n aanduiding van hoe hy Jesus se woorde in Matteus 10:22 en  24:13 verstaan het. Die verstaan hiervan vorm deel van Paulus se vermaning aan Timoteus: “Werk hard sodat God jou kan goedkeur. Wees ’n goeie werker, een wat nie nodig het om hom te skaam nie; iemand wat die woord van die waarheid reg verduidelik” (2 Tim 2:15).

Mag God ons hierin genadig wees om verantwoordelik en eerbaar met die Skrif om te gaan!

Vader, leer my u Woord!

Bron: Wees oor niks besorg nie deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.