Gedagte vir die dag: Jy herinner my aan Iemand …

hart_see_sand_strand_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Omdat julle God se kinders is wat Hy liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Ja, leef ’n lewe van liefde soos ook Christus ons liefgehad het deur Homself vir ons oor te gee as ’n lieflike reukoffer aan God. (Efesiërs 5:1-2)

Vergifnis laat jou soos Jesus lyk.

Ek het ’n vriendin met ’n tipe innerlike wondermiddel wat haar elke jaar net al hoe mooier laat word. Sy kan enige vervelige gebeurtenis in groot pret verander. Haar glimlag kan mense se hoop in die mensdom herstel. Sy het die wysheid van iemand veel ouer as wat sy is en emmers vol omgee vir ander. Sy is een van daardie mense wat ewe mooi van binne én buite is.

’n Paar jaar gelede het sy baie seergekry. Seer genoeg dat sy goeie rede gehad het om in bitterheid vas te val. In plaas daarvan het sy egter vergewe. In plaas daarvan om vas te kyk in die hartseer wat sy dra, kies sy om ’n vol, pragtige, betekenisvolle lewe te leef, vry van obsessie en depressie. Mense is verwonderd oor haar lewe, want sy vertrou dat God net die beste vir haar wil hê, en sy is vasbeslote om sy heerlikheid te weerspieël. Ken jy iemand wat vinnig vergewe en jou aan Jesus herinner? Hoe sou dit vir jou lyk om vandag daardie persoon te wees?

Jesus, ek wil hê mense moet aan U herinner word wanneer hulle kyk hoe ek my verhoudings en my wrewel hanteer. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Hallelujah, Dit noem ek boldness, boldness om te sê ek sal en ek kan want met ‘n Skepper aan my kant spring ek oor ‘n muur. Dankie Abba Vader dat U my boldness gee in die Naam van Jesus.Amen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.