Gedagte vir die dag:  Jy het sý DNS

 wingerd-wynstok-pixabay-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Dit het Ek vir julle gesê sodat julle my blydskap mag ervaar en julle blydskap volkome kan wees. (Johannes 15:11)

Besef jy dat jy deel is van God se DNS? Jy ís. Hy het dit self gesê! Ek is die ware druiwestok en my Vader is die tuinier. Julle is reeds skoon gesnoei deur die boodskap wat Ek met julle gedeel het. Julle moet aan My verbonde bly soos Ek aan julle. (Joh. 15:1, 3-4)

Die metafoor van die druiwestok (Jesus) en ons, wat sy lote is, sê baie duidelik dat ons ’n onlosmaaklike eenheid met Hom vorm. Dieselfde sap wat in dié Druiwestok is, vloei in sy lote. Die goedheid en liefde wat in Jesus is, is dus outomaties ook in my en jou – die klein takkies wat uit Hom spruit. Daarom kan ons, selfs al voel ons maar broos in ons takkie-wees, glo dat sy krag in ons kan werk. Dat ons deur Hom vrug kan dra waardeur mense Hóm kan sien.

Hoor dit vandag: Jy is deel van God. En God is deel van jou. Hy het jou reeds skoon gesnoei, jou onlosmaaklik in Hom geplant en aan jou sý soort lewe gegee. Daarom kan jy méér doen as wat jy dink.

Wingerdstok, hou my ín U geplant. Onlosmaaklik.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

johan ·

Dit is die Heilige Gees wat in wedergeborenes kom woon . Ons het nie God se DNS nie. Waar kom Milani daaraan??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.