Gedagte vir die dag: Jy is “per missie”

pa_seun_gesels_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. En weet vir seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis. (Matteus 28:19-20)

Toe ek onlangs na ’n briljante jong Amerikaanse kerkleier sit en luister, besef ek opnuut hoe ek dit vir jare verkeerd gedoen het. Daar in die harde wêreld van Detroit leer hy sy gemeente dat een van hulle kernwaarhede “Per-Mission” is. Almal is “per missie”. Almal het in dieselfde asem ook toestemming om te doen wat die Here op hulle harte plaas.

Dit beteken egter nie ’n chaotiese “free for all” nie. Maar dit beteken definitief ook nie daardie kommissie-gedrewe roete waar almal eers maande lank moet wag vir kerklike fondse omdat daar nie begroot is vir onverwagte goeddoen-aksies nie.

Wanneer gelowiges besef die Here se verkeerslig het lankal na groen oorgeslaan en dat al daardie godsdienstige verkeersknope ons eie skuld is, kan die regte soort beweging weer gebeur. Dan is ons vry genoeg om met die minimum hoeveelheid hulpmiddele die Here se aardse koeriers en kelners te wees.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.