Gedagte vir die dag: Jy kan die Bybel verstaan

pad-vrou-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Here, wys my die weg wat ek moet gaan, leer my u paaie. Lei my deur u waarheid en leer my, want U, o God, is my redder. Die hele dag wag ek vol hoop op U. (Psalm 25:4-5)

Kinders skram maklik daarvan weg om die Bybel te lees. Hulle dink dis te moeilik om te verstaan – vol groot woorde en stories oor mense en plekke wat vandag vir ons heeltemal vreemd is. Daar is soveel boeke en hoofstukke en verse dat ’n mens nie weet waar om te begin nie … en dan sommer besluit dis net vir grootmense bedoel.

Tog verstaan grootmense ook nie altyd alles wat in die Bybel staan nie. God sê: “Soos die hemel hoër is as die aarde, so is wat Ek doen, hoër as wat julle doen, en my gedagtes hoër as julle gedagtes” (Jesaja 55:9). Sy gedagtes soos wat dit in die Bybel staan, is dikwels ver bo ons begrip.

Die Bybel is God se geskenk aan ons. Hy wil hê ons moet sy boodskap van liefde en verlossing daardeur leer ken. Ons hoef dit egter nie op ons eie uit te pluis nie. In sy goedheid gee Hy vir ons die Heilige Gees sodat “ons kan besef watter wonderlike geskenke God aan ons gegee het” (1 Korintiërs 2:12). Hy openbaar die waarheid van God se Woord aan ons en help ons om te verstaan wat in die Bybel geskryf staan. Ons hoef maar net te bid, en God sal sy Woord vir ons oopsluit.

Here, leer ons asseblief om u Woord lief te hê. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here ek het n Bybel ….dat ek oe het om te sien en kan lees..so leer ek God se hart ken…en verstaan ek dat Hy my liefhet en ten diepste ken…PS 139…se dit!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.