Gedagte vir die dag: Jy kan kragtige dinge doen

druiwe-stok-wingerd-stiltetyd.jp

Foto: pixabay.com

Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. (Johannes 15:5)

In God sal ons kragtige dade doen. (Psalm 60:14, Bybel in Afrikaans 1933/1953)

Die mees basiese betekenis van om iets te bereik is om iets klaar te maak, of dit nou is om die skottelgoed te was of die Wêreldbeker te verower. Die Bybel beskryf verskeie meetbare dinge wat bereik is, maar dit beklemtoon ook geestelike mylpale, wat ons so dikwels miskyk.

Geestelike mylpale is dinge soos ’n aktiewe gebedslewe, volwassenheid in die geloof, om vir ’n medemens van redding deur Jesus te vertel, om versoeking te oorkom of iemand te bemoedig. God belowe dat hierdie soort dade die grootste impak op die wêreld het en die grootste beloning inhou.

Wat gaan jy vandag probeer bereik?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.