Gedagte vir die dag: Jy kan steeds nie twee here dien nie

twee_mense_stap_sonsondergang_boekvat.jpg

Foto: jorgeschulz.wordpress.com

Niemand kan tegelyk twee base dien nie. Hy sal óf ’n renons in die een hê en van die ander een hou; óf hy sal aan die een lojaal wees en die ander een geringskat. Om God én die geldgod saam te dien, is onmoontlik. (Matteus 6:24)

Jesus se woorde dat ons nie vir twee here kan werk nie, is baie bekend. Ons kan nie dubbele lojaliteite hê nie. Ons harte beskik nie oor so ’n kapasiteit nie. Daarom kan ons nie vir God en Mammon, die geldgod, tegelyk dien nie.

Mammon is ’n slegte afgod. Hy laat jou voltyds vir hom werk met die wortel voor jou neus dat as jy vir hom leef jy gelukkiger sal wees. Maar dan tref die ontnugtering jou dat daardie nuwe

kar, rekenaar, klere, vakansie, werk, huis of wat ook al, se geluk ook maar weer spoedig verbygaan. Jy bly steeds jouself met jou ongelukkighede, vrese en woede agter al daardie dinge wat jy gedink het permanente geluk gaan waarborg.

Jesus weet dit; daarom rig Hy sy uitnodiging aan ons almal om sy ligte las en sy sagte juk op ons skouers te laai. Dan vind ons egte, blywende rus vir ons siel. Jesus is die enigste Heer wat ewige rus bied.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Danie

Dankie vir jou navraag. Die “Gedagte vir die dag” word saamgestel uit boeke wat die uitgewer aan ons beskikbaar stel (sien die bron onderaan elke “Gedagte vir die dag”). Van die skrywers sluit dus wel ‘n gebed in, en dan publiseer ons dit só. Wanneer die skrywer nie ‘n daaglikse gebed in die oorspronklike boek ingesluit het nie, is dit dus ongelukkig ook nie hier op Maroela beskikbaar nie.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.