Gedagte vir die dag: Jý mag deel in God se heerlikheid!

See-strand-Nathan-Steyn.jpg

Foto: Nathan Steyn

God het julle hiertoe geroep deur die evangelie wat ons aan julle verkondig het, sodat julle deel kan kry aan die heerlikheid van ons Here Jesus Christus. (2 Tess 2:14)

Die son se lig word deur die planete weerkaats. Planete gee nie self lig nie, al lyk dit vir ons so. Jy kry dit reg om God te verheerlik sodra mense sy heerlikheid in jou lewe weerspieël sien. En dit doen jy deur so te lewe dat mense jou goeie werke sal sien en God daarvoor verheerlik (Matt. 5:16). Dit beteken dat jy ander mense sal laat besef presies wat God se heerlikheid beteken deur dit vir hul le te demonstreer. Toe Moses vir 40 dae lank met God in gesprek was, het sy gesig so geblink dat die Israeliete nie na hom kon kyk nie (Eks. 34:30-35). Jy sal dit ook nie kan wegsteek dat jy God liefhet nie – ander mense sal sy heerlikheid in jou oë en glimlag weerkaats sien. En hoe swaarder jy op aarde kry, hoe beter kan jy hierdie heerlikheid uitstraal.

“Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel,” beloof Kolossense 3:4. Elke kind van God dra God se heerlikheid in hom. En die enigste kykie wat die wêreld van God se heerlikheid te siene kry, is in die lewe en optrede van God se kinders. Lewe só dat ander God se heerlikheid in jóú sal sien!

Here, ek wil graag u heerlikheid in my lewe weerspieël. Help my om so te lewe dat dit vir my ’n werklikheid sal word. Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

neelsie ·

Vertrou ons Drie-enige God ten volle.
Hy is die Voorsiener van alles.
Doen dit in afhanklikheid van Sy genade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.