Gedagte vir die dag: Jy moet, maar Hy sal

vrou_vrede_natuur_sonsopkoms_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie. (Jesaja 43:2)

Wat my opval in Jesaja 43:2 is die woord “moet”: As jy deur water moet gaan, deur vuur moet gaan … Ja, soms moet ons deur hierdie dinge gaan. Die algemeenste fout van die geestelike lewe is die gedagte dat ons nié deur moeilike tye sal gaan nie. Ons glo ewe naïef – ons word eintlik so geleer – God se seën behels dat ons sulke dinge sal vryspring, dat Hy ons daarvan sal bewaar.

As die slegte dinge gebeur, is ons ontsteld en vra: Waar is die Here? Here, waarom het U dit toegelaat? Wat het ek verkeerd gedoen – waar is my seën? Dit is ongelukkig ’n misverstand. God bewaar jou nie van daardie dinge nie, God bewaar jou in daardie dinge. God het nie vir Christus, Paulus, Petrus of enige geloofsheld van die Bybel van pynlike omstandighede bewaar nie. Hy het hulle wel te midde daarvan bewaar. Soos die vers sê, is God in ons omstandighede by ons: Die water sal ons nie wegspoel nie, die vuur sal ons nie doodbrand nie. Dít is sy belofte.

Here, dankie vir u bewaring. Amen.

Bron:
In die lig van sy genade deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gert Wessels ·

‘N baie, baie mooi en pragtige stuk vandag – beteken baie vir my!!

Dankie

Hanna ·

Ons as familie het ook deur water en vuur gegaan. God het ons krag gegee om daardeur te gaan. Ons prys hom daarvoor, Sy genade is groot aan Hom al die eer!

Genieve ·

Dankie Here dat u oral met ons is. U is ons bewaarder wat nooit slaap of sluimer nie.

Mien ·

“Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my” Psalm 23

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.