Gedagte vir die dag: Jy sal ander bevry

Lighuis_sonsopkoms_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Jy sal blindes laat sien, jy sal gevangenes uit die tronk bevry; wie in die donkerte van die gevangenis sit, sal jy laat uitgaan. (Jesaja 42:7)

God spel in Jesaja 42:7 die Messias se taak uit. Christus neem hierdie woorde op Homself as Hy sy bediening daar in Nasaret se sinagoge begin: “Die Gees van die Here is op My om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes” (Luk 4:18). Daar is immers niemand wat al soveel blindes laat sien en gevangenes bevry het as Hy nie!

Ek wil egter die fokus verder laat val. Ek en jy is ook God se dienaars. Ons neem mos Christus se bediening verder. Ons opdrag is ook om siekes te genees, melaatses te reinig, vrylating uit te roep, en dies meer. Soos die Here vir ons gawes gee, kan ons aan hierdie opdrag gehoorsaam wees. Ons moet egter hier die Here se hart sien: Ons is hier om – soos Hy – ’n ellende en herstellende invloed in die wêreld te wees. Dit bring ons by jou: As navolger van Christus is dit jou taak om altyd reg te maak, te herstel en te genees, op te bou, nie af te breek nie; altyd te bemoedig, vrylating te bewerk, God se lig te laat skyn in die donker. Veral vandag.

Here, maak my vandag ’n heelmaker. Amen.

Bron:
In die lig van sy genade deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.