Gedagte vir die dag: Jy sal ook ingesamel word

sonsopkoms_voels_stiltetyd_Marco-Brits.jpg

Apoka Safari Lodge, Uganda (foto: Marco Brits)

Moenie bang wees nie, Ek is by jou. Ek bring jou kinders van die ooste af, Ek maak hulle bymekaar van die weste af. (Jesaja 43:5)

Die profeet is absoluut oorweldig deur God se liefde vir sy volk, en sy Geesgeïnspireerde woorde vloei nou soos ’n stroom. Hy verseker die volk dat God hulle bymekaar sal maak en sal terugbring na hulle land toe. Hy bedoel nie net die klomp Jode daar in Babilon nie; sy gedagtes gaan veel wyer. Hy dink aan ’n nuwe, Goddelike bedeling waarin álle Israeliete sal terugkeer uit álle lande; waarin God se volk weer volledig en volmaak sal wees. Dit sluit die “verlore stamme” in, asook elke volkslid wat verstrooi is as gevolg van vervolging of wat ook al. Hulle sal uit die ooste, weste, noorde en suide ingesamel word.

Ons weet nie presies waar die profeet die streep trek nie. In sy jubeling verwys hy na elkeen wat na my Naam genoem word, elkeen wat Ek geskep het tot my eer, wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak het (Jes 43:7). Hy mik spesifiek op die seuns en dogters van God se volk, maar ons sluit onsself as kinders van God in! Ons sal ook eendag daar wees as ons Hom so opreg dien soos sy kind.

Here, ek wil U dien, u kind wees en eendag dáár wees. Amen.

Bron:
In die lig van sy genade deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Attie en Susan ·

PRYS DIE HERE !!
ONS GAAN DAAR WEES EN ALMAL WAT NOG MOET INKOM
DIE BRUIDEGOM IS OPPAD
ONS DIE BRUID IS REG EN HET EKSTRA OLIE
KOM HERE JESUS KOM !!
AMEN EN SHALOM!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.