Gedagte vir die dag: Jy wil liefde hê, nie waar nie?

harte_vorm_klippies_strand_stilltetyd.jpg

Foto: fineartamerica.com

Elkeen wat só liefhet, is uit God gebore en ken God persoonlik. (1 Johannes 4:7)

Jy wil liefhê. En jy wil liefgehê word. Nie sommer net so bolangs nie. Nee, jy verlang altyd na ’n hegte en intieme verhouding met ten minste een ander persoon. Één persoon wat jou regtig ken vir wie jy is, alles van jou af weet, jou sterkpunte, maar ook al jou gebrokenheid al gesien het … en jou steeds liefhet.

Wanneer jy en daardie persoon in opregtheid jul lewens en jul harte kan deel en ’n onvoorwaardelike pad met mekaar saamloop, gebeur daar ’n klompie dinge: Jy en daardie mens word ryker in jul menswees omdat julle mekaar die ruimte en ondersteuning bied om julself te wees, om saam te struikel, maar ook saam te groei.

Soos Richard Rohr skryf: “People who avoid intimacy are always, and I mean always, imprisoned in a small and circular world. Intimacy is the only gateway into the temple of human or divine love … Intimate love is the true temple that we all desire.” Met jou verhouding met God is dit nie anders nie. Hoe nader julle aan mekaar leef, hoe meer jy jou vir Hom oopstel, hoe meer tyd jy maak om sy hart te hoor, hoe liewer sal jy vir Hom word. Hoe meer sal jy groei.

God het ons mense gemaak met ’n onuitputlike behoefte aan die gee en ontvang van liefde. Juis omdat die liefde álles is.

Ek plons vandag in u liefde, Here.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.