Gedagte vir die dag: Kampioen druiweboer

wyn_plaas_stiltetyd.jpg

Foto: italiangoodnews.com

Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, so dat dit nog meer vrugte kan dra. (Joh 15:1-2)

Dit is nie net die interaksie en samewerking tussen die Vader en die Seun wat ’n mens diep tref nie, maar ook die Vader se betrokkenheid by die groei van die liggaam van Jesus. Jesus is die wingerd waaruit al die lewe kom. Die lote is dié wat deur geloof in Jesus in Hom ingeënt is. Die Vader is die boer wat met groot intensiteit die groei van die wingerd monitor en alles gee en doen sodat dit gesond en vrugbaar sal wees. Die Vader is definitief nie “from a distance” nie, maar baie “hands on”!

Om die Vader toe te laat om te doen wat Hy wil in jou lewe is die beste manier om te groei en vrug te dra. Om in Jesus te bly, is die enigste manier om deel van God se boerdery te wees.

Die evangelie is eintlik baie eenvoudig. Dit is ons giere, geite, trots en selfgesentreerdheid wat dit ingewikkeld wil maak. Laat God jou snoei en vorm soos Hy wil. Met oestyd sal jy nie spyt wees nie.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.