Gedagte vir die dag: Kan ek sê ek is nederig?

see_rotse_kaap_stiltetyd.jpg

Foto: Suné van Heerden

Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. (Matteus 11:29)

“Kan ek sê ek is nederig?” Een oggend spoel hierdie vraag oor die senders van Radio Namakwaland, ’n Christelike gemeenskapsradiostasie. Luisteraars kon deur SMS’e en oproepe reageer. Ek was verstom oor die reaksie: “’n Mens is nederig totdat jy dit agterkom,” sê een luisteraar. “Geen mens is nederig behalwe Jesus nie,” sê ’n ander. Gaandeweg word dit duidelik dat die meeste mense meen om nederigheid te erken trotsheid is, en trotsheid is ’n sonde. Dit veroorsaak dadelik ’n krisis, want in Matteus 11 sê Jesus uitdruklik: “Ek is nederig.”

Ons opinie oor die erkenning van nederigheid word deur ons definisie daarvan gevorm. Sou die vraag iets gewees het soos: “Kan ’n mens sê jy stem saam met God?” sou die antwoorde vir seker anders gewees het. As ons nie weet dat ons nederig is nie en dit nie mag erken nie, hoe gaan ons weet dat ons aan God se opdrag voldoen as Hy sê: “Verneder jou onder die kragtige hand van God.”

’n Vraag soos hierbo in die opskrif rig ’n skerp uitdaging aan wat ons dink reg en verkeerd voor God is. Om met God saam te stem is ’n karaktereienskap van die Heilige Gees. As ons kan sê ons is geduldig, vriendelik of lankmoedig, moet ons ook kan sê ons is nederig.

Ons het ’n groot behoefte aan mense wat bereid is om hulle die gramskap van hulle naaste op die hals te haal om aan God gehoorsaam te wees, om lief te hê waar niemand anders saamstem nie en om onder die gesag van God te staan al beur geeneen daarheen nie. Om soos Josua te sê: “Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien” (Jos 24:15). Daar is ’n behoefte aan nederige mense, en Jesus wys die weg daarheen.

Bron:
Op vlerke van geloof deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Darryl ·

Ek stem Lena…ons kla so maklik…soos n oom nourie dag vir my gesê..ek glo eerder as om die kans te vat om nie te glo nie…as die Here in jou is..werklik is…kan jy nie anders as om nederig te wees nie..dit word ń lewensstyl.

Heiletje ·

Hoe glo ek dat die Here my liefhet as ek telkens vertel word hoe onaanvaarbaar ek is …..selfbeeld al so afgekraak……

Louise ·

Heiletje
Se vir jouself, ek is God se geliefde kind. Hy het my lief. Herhaal dit tot jy dit in jou hart hoor. Ek het ‘n paar rympies wat ek dag-in en dag-uit vir myself se, en as ek regtig verdrink, sing ek saggies vir myself elke koortjie wat ek kan onthou. Joel Osteen sê dit so mooi in Engels.. I am a child of the most high God. Dit het in my hart vasgesteek. God het jou lief nes jy is. Jy is kosbaar en jy is Syne.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.