Gedagte vir die dag: Kan jy God verstaan?

Stroom_Berg_Reint_Dykema.jpg

Foto: Reint Dykema

Kan jy begryp wie God werklik is? Kan jy die Almagtige ten volle verstaan? Dit is kennis wat hoër is as die hemele. Hoe kan jý daarby uitkom? Dit is kennis wat dieper is as die doderyk. Hoe kan jy dit bereik? Dit strek verder as die aarde, wyer as die see. (Job 11:7-9)

Daar word so baie oor God gepraat en bespiegel. Wie is God, waar is God, hoe is God? Is God? ’n Mens kry die indruk dat daar in die laaste aantal jare ’n soort vrymoedigheid wat grens aan verwaandheid by mense posgevat het in hulle spekulasies oor God. Durf ’n mens so oor God praat? In Job en sy vriende se gesprek gaan dit ook oor God – waarom Hy lyding toelaat, of selfs veroorsaak.

Al sê Job en sy vriende verkeerde dinge oor God breek daar by tye ’n helder ligstraal deur, kom daar ’n verrassende insig aan die lig. Soos in die teks hierbo.

Wie is die mens tog om te kan sê dat hy God verstaan? God is ver bo die mens se begrip, bokant sy verstaan verhewe. En dit is wat Sofar tereg in Job 11 wil sê: God is onmeetbaar groot en heerlik. Dis jammer dat so baie slim mense dit nie wil verstaan nie, en steeds met vele pogings vorendag kom om hulle powere godsbeeld op die skerm te gooi.

Moenie God probeer verstaan nie; geniet net sy genade.

Na al Job en sy vriende se geredekawel oor God kom Job uit eindelik tot dié slotsom: “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien” (Job 42:5). En waar het Job vir God gesien? Toe God self vir hom iets van die wonder van die skepping vertel het. Wie anders as ’n groot en onmeetlike God is tot sulke skeppingswonders in staat?

Bron:
Nogtans sal ek hoop deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Antoinette ·

AMEN!! Dankie, Maroela Media. Jul oggend boodskappie beteken baie vir my. Ek kan ni gereeld by my kerk uitkom ni en waardeer jul boodskappies opreg.

Jaco Steyn ·

Dit mag miskien so wees dat die Goddelike/God verhewe is bo menslike verstaan en begrip, maar dit is ook ongelukkig ‘n feit dat miljoene tradisionele Christene regoor die wêreld die vermetelheid het om te beweer dat die Bybel God se geopenbaarde Woord is en dat “halsstarrige ongelowiges” wat nié sekere dinge doen en/of glo nie, bestem is vir die ewige verdoemenis!

jakoos ·

Maar Jaco, die Bybel MOET die Woord van God wees. Dit staan dan in die B ybel dat dit is!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.