Gedagte vir die dag:  Ken God  

rots_lighuis_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die mense wat hulle God ken, sal vasstaan. (Daniël 11:32)

Elke gelowige verstaan dat om God te ken ons beste bron van kennis is. Dit is die Gees se taak om ons “in alle waarheid” te lei en dit is alles ter bevordering van ons geloof.

Kennis van God versterk ook ons liefde en ons hoop. Wanneer ons deur die teleskoop van hoop kyk, sien ons die heerlikheid wat geopenbaar sal word en ons wag met blye vertroue daarop.

Kennis gee ons ook die rede vir ons geduld. Daar is geen Christelike deug wat nie bevorder word deur kennis van God nie. Dit maak dit noodsaaklik dat ons nie net in genade groei nie, maar ook in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus (2 Pet. 3:18).

Bron: Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

piet ·

n week gelede was ek teen die grond en moedeloos maar vandag het ek weer hoop en geloof en is daar weer vir my sin in die lewe alles te danke aan ons hemelse vader en mense wat hulle daarmee bemoei om hierdie tipe van artikels beskikbaar te maak , eerstens alle eer aan god ons hemelse vader en dan aan al die mense wat dit hulle taak maak om ander te bemoedig dank u Here vir sulke mense
ALLLE EER AAN GOD

hercu ·

wanneer jy God regtig egtig ken sal sy naam verander na ”Abba Vader”

“Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader”
Rom 8:14‭-‬15

en die HeiligeGees sal werklikheid word in jou lewe!

Shalom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.