Gedagte vir die dag: Kennis van die liefde

man_uitgestrekte_arms.jpg

praisethelord.com

Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. (Ef 3:18-19)

Ons weet almal van watter soort liefde Paulus hier praat: die onverstaanbare, onvoorwaardelike liefde wat God vir sy kinders koester. Hierdie liefde is onbeskryflik groot, en dit is noodsaaklik dat elke kind van God die presiese omvang van hierdie liefde moet probeer peil. Om God se liefde te beskryf gebruik Paulus elke bekende dimensie: Ons moet weet hoe wyd, ver, hoog en diep daar die liefde strek. Paulus se gebed is dat die gemeente van Efese hier die soort liefde sal leer ken.

Indien jy hierdie liefde van God wil verstaan en deel van jou eie lewe wil maak, sal jy elke dag moet werk aan jou verhouding met God, want kennis van God se liefde kom eers wanneer jy in ’n verhouding met Hom staan. Diepgaande Bybelstudie en gereelde gebed is noodsaaklik hiervoor. Eers wanneer jy self met hierdie liefde vervul is, word jy met die volheid van God vervul. Dan woon die Heilige Gees in jou hart en openbaar Hy God se liefde ver der aan jou. Deur geloof in Jesus kom God self in jou lewe tuis, en dit is net moontlik as jy die beheer van jou lewe aan die Heilige Gees oorgee. Jy moet God se liefde met alle ander gelowiges deel.

Here God, u liefde vir my laat my telkemale sprakeloos. Help my om u liefde eerstehands te ken en dit met alle ander gelowiges te deel. Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

willie lombard ·

Dankie Heer vir U groot, obeskryflike Liefde en Genade!! Amen!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.