Gedagte vir die dag: Kerk is nie  ’n werkwoord nie, maar …

Karoo_kerk_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto (Foto: maraisea/Pixabay)

Julle is lede van God se huisgesin wat gebou is op die fondament wat die apostels en die profete gelê het. Christus Jesus is self die hoekklip. (Efesiërs 2:19-20)

Dit het nogal mode geword om in preke en in gesprekke te sê ons moet gaan kerk wees in die wêreld. Die Nuwe Testament verduidelik dit anders. Hier word die Griekse woord vir kerk, naamlik “ekklesia”, nooit as ’n werkwoord ingespan nie. Kerk is altyd ’n gemeenskap van mense wat Jesus as Heer gesamentlik en individueel bely en beleef. Kerk is gelowiges wat saamkom om die Here te dien en te aanbid. Die term “opbou” is altyd op die tafel wanneer kerk in die Nuwe Testament ter sprake is. Kerk is die geestelike gimnasium waar gelowiges se geloofspiere week ná week opgebou word. Kerk is die simfoniesaal waar ons stemme fyner ingeoefen word om God te loof. Kerk is die hospitaal waar al ons wonde verbind word. Kerk is die familiebyeenkoms waar die Here se mense feestelik saamkom en mekaar ondersteun en bemoedig.

Buite die grense van die kerk is dit individuele gelowiges se roeping om God se koninkryk te laat kom. Opbou verander dan hier in uitbou. Toegeruste gelowiges word elders die Here se sout en lig. Ons skyn na buite vir Jesus.

Bron: ‘n Veilige Vesting deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

OW ·

Dankie Stephan vir die verduideliking van die woord kerk.Ek dink ook dit is al baie male verkeerd geïnterpreteer.’n Mens moet elke dag vra vir krag deur sy Gees,sodat jy elke dag die vrug van die Gees in jou lewe kan kry en so die Koninkryk kan help kom,deur elke dag Sy karaktertrekke uit te leef met wie jy in aaraking mag kom.

deHAS ·

Hoekom se mense vir ‘n leervak se handboek, “dis jou nuwe Bybel”, ek dink is BAIE BAIE verkeerd om te sê?

Deon ·

Dit is nie noodwendig om die bybel af te druk nie, meer om die belangrikheid van die handboek te beklemtoon. Hoop daar is mense wat die volgende term sal herken… Blou bybel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.