Gedagte vir die dag: Keuses

Woud_groen_water_stroom_boekevat_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

By U is die fontein van die lewe, in u lig sien ons die lig. (Psalm 36:10)

Die keuses wat jy vir vandag maak, is keuses wat jou toekoms en die toekoms van jou geliefdes vorm. Jy soek na God se wil. Jy begeer wysheid. Maar tog wil die hart soms hê wat die hart wil hê. Jy baklei teen jou eie wil.

Ook hierdie stryd vorm jou. Dis belangrik vir jou geloof, vir jou verhouding met Christus. Hou styf aan God vas. Neem weer en weer jou keuse en jou begeerte na Hom toe. Bestraf jou eie wil as dit moet, en moenie talm wanneer die oomblik van helderheid kom nie. Wanneer jy in jou gees weet wat God verkies, haas jou daarheen.

As jy egter aanhou om gedagtes aan jou eie wil te koester, sal Hy jou laat begaan om jou eie kop te volg.

Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.