Gedagte vir die dag: Kies hoop

vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: crosswalk.com

Elkeen wat op Hom vertrou, sal nóóit verneder word nie. (1 Petrus 2:6)

Ek weet dit is moeilik om vir my wil te bid terwyl jy eintlik hoop dat jou eie wil sal geskied. Ek weet dit is moeilik om My te vertrou wanneer jou geloof afhang van dié dinge wat jy kan sien. Ek wil egter hê jy moet jouself oorgee aan my sorg en vertrou op my liefde vir jou. Ek wil hê jy moet waarlik glo dat wat Ek ook al vir jou beplan het baie beter is as enigiets wat jy vir jouself kan bewerk. Ek soek altyd na geleenthede om jou nader aan My te bring, om jou geloof te laat groei en om vir jou my krag in jou lewe te wys. Weet dat Ek aan die werk is, en hou jou hoop gevestig op My.

Hoop is nie ’n gevoel nie; moenie mislei word nie. Hoop is die versekering dat Ek by jou – en vir jou – is en dat jy kan staatmaak op elke enkele belofte wat Ek aan jou gemaak het. Ek bring elke dag die keuse om te hoop voor jou. Kyk daarom na jou teëspoed en beproewings vir wat dit is, en kies om te glo. Ek wil hê jy moet leer om My te vertrou, ongeag die uitkoms, met die versekering dat Ek jou heel beste belange op die hart dra. Ek wil hê jy moet jou oorgee, jouself aan my wil onderwerp, staatmaak op my voorsiening en beskerming, en met sekerheid weet dat Ek vir jou die pad sal wys wat jou deur selfs die ergste beproewings na oorwinning sal lei. Ek sal jou in my getrouheid altyd na die oorwinning lei.

Bron:
God fluister jou naam deur Cherie Hill
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.