Gedagte vir die dag: Klein goedjies met ’n groot verrassing

sonondergang_voels_vlieg_stiltetyd.jpg

Foto: kids-myshot.nationalgeographic.com

Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. (Matt 10:29)

God se grootheid kom dikwels die sterkste na vore in die kleinste dingetjies. Ons kyk na groot goed en sê: “Sjoe, God is groot,” maar dis dikwels die klein goedjies wat sy onbeskryflike en ondenkbare grootheid openbaar. ’n Mens sien dit in die kleinste, fynste blommetjies waarop jy dalk elke dag trap. ’n Mens sien dit in die manier waarop God sorg vir die dinge waaroor ons nie eens een nag wakker lê nie.

Mossies – wat is dít nou? Arm mense het twee mossies vir ’n sent gekoop as offer aan God (waar ryker mense lammetjies, bokke en selfs beeste geoffer het). Ons kyk dalk neer op ’n armoedige offer soos hierdie, tog dink God nie dis minderwaardig nie. Hy regeer oor die klein dingetjies met dieselfde krag en heerlikheid as oor die “groot” dinge.

Vader, u grootheid is onbeskryflik as ek na die kleinste goedjies kyk. Help my asseblief om te sien wie U regtig is, en nie soos ek dínk U is nie.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.