Gedagte vir die dag:  Kleingeloof

Vrou_meer_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

’n Mens moet gelowig bid en nie twyfel nie. So ’n mens wat altyd aan die twyfel is, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie. (Jakobus 1:6-8)

Wanneer jy bid en jy ontvang nie, moet jy mooi gaan dink of jou onverhoorde gebede nie dalk die direkte gevolg van jou ongeloof is nie. Glo jy werklik dat God vir jou dié dinge kan (en sal) gee wat jy van Hom vra? Indien jy steeds twyfel, moet jy nie verwag om iets van die Here te ontvang nie.

Die rede vir baie van jou onverhoorde gebede is jou kleingeloof. Mense wat twyfel, ontvang nie die dinge wat hulle van God bid nie.

Wanneer jy aan geloof dink, moet jy terselfdertyd aan twee ander woorde dink: gehoorsaamheid en geduld. ~ Francois Theron

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie genadige Heer vir soveel onverdiende seen….dat ek verseker kan weet dat U my gebede hoor en U wil sal geskied…tot in alle ewigheid

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.